Tuesday, May 15, 2007

DOEL EN STREWE VAN DIE SKOOL

Die Laerskool Constantiapark streef na die verwesenliking van die volgende doelstellings:

1. Die handhawing, beskerming en bevordering van:

1.1 Christelike onderwys en om toe te sien dat die Woord van
God as rigsnoer dien om die Christelike waardes by ons
kinders in te skep;

1.2 Christelike waardes met die erkenning en beskerming van
vryheid van geloof, spraak en assosiasie;

1.3 Afrikaans as die amptelike voertaal en onderrigmedium;

1.4 Hoë onderrig- en akademiese standaarde;

1.5 Buitekurrikulêre aktiwiteite.

2. Die uitbouing en beskerming van:

2.1 die karakter en etos van die skool;

2.2 die Skoollied, die Skoolwapen en die Leuse van die Skool

3. Die opvoeding van leerlinge tot verantwoordelike
burgerskap.

4. Personeelontwikkeling.

5. Die identiteit en ontwikkeling van leerlingleiers.

6. Die uitbreiding van ouervennootskap.


Laerskool Constantiapark se missie is:
  • Om deur effektiewe bestuur en kommunikasie te verseker dat die skool: ·
  • 'n Gesonde balans handhaaf tussen akademie, sport en kultuur.·
  • Uitnemende opvoeders werf en behou·
  • Opvoedende onderwys bevorder deur middel van Afrikaans as onderrigmedium en respek vir geloofsoortuigings bevorder· Puik onderrig, opvoeding en opleiding vir elke leerder lewer·
  • Aan elke leerder die geleentheid tot deelname aan die skool se aktiwiteite bied.
Laerskool Constantiapark se visie is:
  • "Om 'n skool daar te stel waar elke leerder deur voortreflike toekomsgerigte en opvoedende onderwys sy volle potensiaal kan bereik.